023 316 2021/3

VOLG ONS

Jy kan hof toe gesleep word oor Facebook-uitlatings

February 4, 2016

DAAGLIKS is daar mense wat ongegronde stories en versinsels oor ander kwytraak op sosiale media en veral Facebook. Hulle deel ook graag inligting wat baie keer vals en ongetoets is.
Witzenbergstreek se Facebook-gebruikers is geen uitsondering nie.
Die eerste is ‘n waarskuwing aan Facebook gebruikers dat hulle bedag moet wees wat hulle kwyt raak op dié platvorms. Dié waarskuwing volg nadat ‘n vrou onlangs haar saak in die hof verloor het nadat sy haar gewese man sleggesê het op Facebook.
Tweedens kan jy in die moeilikheid kom as jy individue, besighede, organisasies en groepe belaster terwyl die regering en dooie mense uitgesluit word van laster.
Onthou jy publiseer iets. Dieselfde reëls wat geld vir tydskrifte en koerante is ook van toepassing op sosiale media-gebruikers. Die oomblik wat jy fotos oplaai of deel, is dit in publiek domain en enige iemand kan fotos gebruik.
Derdens. Almal het drukkers. Hulle druk die skrywe uit en gee dit vir ‘n prokureur. Dit maak nie saak of jy dit daarna van Facebook afhaal nie. Jy gaan steeds probleme kry.
Laastens en seker die belangrikste aspek. Jy kan jou werk verloor oor dinge wat jy kwytraak op sosiale media. Meeste werkgewers se gedragskodes (polisie byvoorbeeld) stippel dit uit of dit is in ondernemings se werkskontrakte ingesluit.
Dink voor jy iets op Facebook plaas of sê. Dieselfde kan aan jou gedoen word. Iemand kan dalk iets ergers van jou sê. Hou ook die volgende ingedagte: Mense in glashuise moet liewers nie klippe na ander gooi nie.