023 316 2021/3

VOLG ONS

Kêrel sny meisie se keel oop met mes

February 20, 2016

‘n JALOERSE kêrel het Maandagaand sy meisie wreed vermoor.
Spoorsnyers en die polisie se honde-eenheid was Woensdag nog besig om na die verdagte te soek. Die polisie sluit dit nie uit dat hy dalk selfmoord kon gepleeg het nie.
Volgens voorlopige inligting van die polisie is Irene Lozette Linders (18) Maandagaand omstreeks 20:45 vermoor kort nadat sy van Verdun waar sy gewerk het, op die plaas Vastrap aangekom het.
Haar kêrel, die 21-jarige Imile Snyers, het haar uit die bloute gegryp, teen ‘n boom vasgedruk en haar verskeie kere in die maag met ‘n mes gesteek. Hy het ook haar keel oopgesny.
Gesoek
Snyers het na die voorval gevlug en word nog gesoek. Hy is woonagtig op die plaas Vastrap en het ten tye van die moord ‘n blou Adidas sweetpakbroek met wit strepe langs die kant, ‘n blou hemp en blou tekkies aangehad.
Ondersoek
Die polisie se ondersoek is nog in ‘n vroeë stadium. Die lykskouing is Woensdag afgehandel. Geen begrafnisreëlings was teen druktyd gefinaliseer nie.

 

VERMOOR...Irene Lozette Linders (18).

VERMOOR…Irene Lozette Linders (18).

GESOEK....Imile Snyers (21).

GESOEK….Imile Snyers (21).