023 316 2021/3

VOLG ONS

Polisie kry liggaam in plaasdam

February 27, 2016

‘n GROOTSKAALSE polisiesoektog het verlede week geëindig toe hulle die liggaam van ‘n moordverdagte in ‘n plaasdam opgespoor het.
Die polisie se soektog met honde en spoorsnyers het gevolg nadat ‘n jaloerse kêrel, Emile Snyers (21) van die plaas Vastrap, sy gewese meisie Maandag 15 Februarie omstreeks 20:45 vermoor het.
Volgens die polisie is Irene Lozette Linders (18) vermoor kort nadat sy van Verdun waar sy in ‘n pakstoor gewerk het, op die plaas Vastrap aangekom het. Snyers het haar ingewag en uit die bloute vasgegryp, teen ‘n boom vasgedruk en haar 17 keer met ‘n mes in die nek asook verskeie kere in die maag, hart en arms gesteek.
Snyers het na die voorval gevlug en is tot en met Vrydag deur spoorsnyers en die polisie se honde-eenheid gesoek.
Snyers is verlede Dinsdagaand vir die laaste keer lewend gesien waar hy saam met sy neef dagga gebruik en drank gedrink het. Die vermoede bestaan dat Snyers na die drinksessie weggestap en in die plaasdam ingeloop en verdrink het.
Die polisie het Vrydagoggend omstreeks 08:30 die liggaam van Snyers uit die plaasdam gehaal. Hy was steeds geklee in die blou Adidas sweetpakbroek, ‘n blou hemp en blou tekkies wat hy tydens die moord aangehad.
Almal wat die sinnelose en wrede aanval aanskou het asook mense wat hom geken het, was dit eens dat hy ‘n stil en teruggetrokke persoon was en dat niemand so iets van hom verwag het nie.
Begrafnisreëlings
Irene Linders se begrafnis vind Sondag 28 Februarie plaas om 09:00 en Emile Snyers se begrafnis vind Saterdag 27 Februarie om 09:00 plaas. Beide word op die plaas Vastrap begrawe.

Untitled-6

'n GROOTSKAALSE polisiesoektog het verlede week geëindig toe hulle die liggaam van 'n moordverdagte in 'n plaasdam opgespoor het.

‘n GROOTSKAALSE polisiesoektog het verlede week geëindig toe hulle die liggaam van ‘n moordverdagte in ‘n plaasdam opgespoor het.