023 316 2021/3

VOLG ONS

Vrou oorleef mesaanval

March 5, 2016

‘n VROU van Tulbagh is gelukkig om te leef nadat sy wreed met ‘n mes aangeval en vir dood agtergelaat is op Valentynsdag.
Volgens die Tulbagh polisie het die voorval Sondag 14 Februarie omstreeks 12:00 plaasgevind. Die slagoffer, Marilyn Fortuin (23), was op pad na ‘n vriend toe sy op die Watervalpad buite Tulbagh oorval is deur ‘n man.
Die verdagte het haar van agter om die nek gegryp en ‘n mes teen haar keel gedruk. Hy het haar in digte bosse ingesleep waarna sy begin gil en skreeu het.
Die man haar hierna verskeie kere met die mes in die gesig en nek begin steek. Fortuin het daarin geslaag om die mes by die verdagte af te neem maar hy het nog ‘n mes uitgehaal en haar verder daarmee gesteek.
Hy het ook ‘n klip opgetel en Fortuin op beide ore daarmee geslaan. Die verdagte het haar vir dood agtergelaat en gevlug met haar selfoon en klere.
Marilyn Fortuin het later haar bewyssyn herwin en tot by haar vriend se huis gestrompel vir hulp.
Goeie speurwerk
Die Tulbagh polisie en nooddienste is onmiddelik na die vriend se huis ontbied. Goeie speurwerk het daartoe gelei dat ‘n 25-jarige man van Waterval-omgewing nog dieselfde dag vir die aanval aangekeer is.
Anthony Pienaar (25) het op 17 Februarie in die Tulbagh landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en roof. Die saak is uitgestel tot Donderdag 3 Maart vir ‘n borgaansoek. Die SAPD gaan borgtog teenstaan.

 

ANTHONY Pienaar (25).

ANTHONY Pienaar (25).

MARILYN Fortuin (23).

MARILYN Fortuin (23).