023 316 2021/3

VOLG ONS

Brandstigter word in Junie verhoor

March 21, 2016

DIE man wat verantwoordelik was vir miljoen rande se brandskade aan ‘n voerstoor op Wolseley, se verhoor gaan nou in Junie begin.
Mahlomola Cashwell Sibolla (32) het in Junie 2015 tydelike werk op die plaas Twistniet gedoen. Hy is uitgevang waar hy geslaap het en toe ontslaan. Hy het ‘n Sondagoggend omstreeks 04:30 die brand gestig by die voerstoor nadat hy oor die heining geklim het.
Skade aan die kafbale, saamgepersde saagselbale en die stoor asook aangrensende gebou het meer as R2.5 miljoen beloop.
Sibolla, het geen vaste adres en bly steeds in aanhouding. Hy het Maandag 14 Maart in die streekhof verskyn waarna die saak na 13 Junie uitgestel is vir verhoor.