023 316 2021/3

VOLG ONS

Polisieman sonder betaling geskors

April 4, 2016

‘n CERES polisielid is summier sonder betaling geskors hangende ‘n verkragtingsklag en die gepaardgaande OPOD-ondersoek, teen hom.
Jaun-Pierre Fritz (31), was ten tye van die verkragtingsvoorval op 17 Desember 2015, vir ongeveer ‘n jaar ‘n lid van Ceres SAPD. Hy was voorheen verbonde aan die Maitland blitspatrollie.
Fritz het die eerste keer op 28 Desember 2015 in die Ceres landdroshof verskyn weens verkragting. Die voorval het tussen 03:00 en 05:00 plaasgevind.
Volgens ‘n woordvoerder van die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD), het Fritz op 17 Maart verskyn waarna die saak na 18 April uitgestel is. Die saak sal in die Ceres streekhof aangehoor word. Hy moet self ‘n prokureur aanstel.
‘n Dissiplin√™re ondersoek is ook deur die SAPD begin wat weer op 14 April voortgesit gaan word.

 

 Jaun-Pierre Fritz (31).


Jaun-Pierre Fritz (31).