023 316 2021/3

VOLG ONS

Jong man wat oor kind ry, weer in hof

April 11, 2016

DIE verhoor van ‘n jong motoris wat daarvan aangekla word dat hy ‘n kind in 2013 omgery het, se verhoor duur voort in die Ceres landdroshof.
Die 19-jarige Abré Boer het die betrokke Donderdagaand 21 Februarie 2013 sy pa se Toyota motor bestuur en die 3-jarige Romano Hanse naby Bella Vista gemeenskapsaal omgery. Die ongeluk het omstreeks 18:45 plaasgevind.
Hy was ten tye van die voorval minderjarig. Daar was ook ander minderjariges saam met hom in die motor.
Verhoor
Boer, wat op Vrydag 1 April weer in die landdroshof verskyn het, staan tereg op klagtes van roekelose of nalatige bestuur asook bestuur sonder lisensie. Die verhoor sal op 25 April voorgesit word wanneer die polisie oor die ongeluk se sketsplan sal getuig.
Na ‘n lang gewag, het die DOV onlangs beslis dat Boer as volwassene verhoor moet word maar wanneer vonnisoplegging plaasvind, dat sy minderjarigheid tydens die voorval oorweeg sal word.
Beserings
Romano is na die voorval in ‘n erg beseerde toestand na die Ceres provinsiale hospitaal geneem voordat hy later na die Rooikruis kinderhospitaal oorgeplaas is. ‘n Regsfirma is tans besig om Romano se pa, Isak Hanse, by te staan asook om ‘n eis in te stel om mediese uitgawes van meer as R200 000, te eis.

 

 ABRE Boer (19) wat aangekla word van roekelose bestuur.


ABRE Boer (19) wat aangekla word van roekelose bestuur.