023 316 2021/3

VOLG ONS

Hofsaak begin na student sterf

April 18, 2016

‘n BAKKIEBESTUURDER wat verantwoordelik gehou word vir die dood van twee eerstejaar onderwysstudente in 2015, se hofsaak het die week begin.
Grant Ruben Losch (30) van die Paarl staan tereg in die Rawsonville landdroshof op twee aanklagte van strafbare manslag. Losch het Dinsdag weer verskyn waarna die saak tot 22 April uitgestel is sodat hy ‘n prokureur kan kry.
Losch was op Sondag 20 September 2015 die bestuurder van ‘n Opel Corsa bakkie met drie passasiers. Twee aspirant onderwysers is in die ongeluk dood nadat hy beheer oor die bakkie verloor, dit op sy dak te lande gekom en meer as 60 meter in die teerpad afgegly het. Die ongeluk het die oggend net na 08:15 tussen die tonnel en die weegbrug op die N1 plaasgevind.
Marichill Mackuur (18) van Wolseley en ‘n klasmaat by die Kaapse Universiteit van Tegnologie se Wellington kampus, Kaylin April (19) van Worcester, is in die ongeluk dood.
Beide het agterop die bakkie gesit en was op pad na ‘n kerkdiens in Worcester. April se liggaam is van die bakkie geslinger en in ‘n naby geleë riviertjie beland terwyl Mackuur op die teerpad geval het.
Losch en sy vriendin, Nazlie Pietersen van Wolseley, was voor in die bakkie en is nie beseer nie.
Mackuur se pa, Daryl, het die week gesê hy wil net hê die saak moet afgehandel kom en dat geregtigheid moet seëvier ter wille van sy dogter se nagedagtenis.

 

 Marichill Mackuur (18) van Wolseley


Marichill Mackuur (18) van Wolseley