023 316 2021/3

VOLG ONS

Vier verkragters in landdroshof

April 18, 2016

VIER mans het Dinsdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn na die verkragting van ‘n jong meisie.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder op die dorp, het die voorval tussen 9 en 10 April plaasgevind op die hoek van Lyell- en Bergsigsigstraat.
Die 19-jarige vrou was Saterdagaand na bewering ‘n paar tree daarvandaan by ‘n nagklub en het omstreeks 23:30 die klub verlaat. Sy is deur vier mans ingewag en by ‘n stegie tussen ‘n gebou en vervalle ou huis, ingesleep en verkrag. ‘n Ambulans het haar later die aand na ‘n hospitaal geneem waar sy behandel is.
In aanhouding
Die vier verdagtes wat Dinsdag vlugtig in die hof voor landdros Hambrock verskyn het, is Gran-janvee (Tubbie) Vergotine (27), Roland Geduld (29), Monro Louw (35) en Damian Abrahams (28).
Hulle bly in aanhouding tot 3 Mei wanneer ‘n borgaansoek aangehoor gaan word.