023 316 2021/3

VOLG ONS

Twee Kalahari boesmans verdwaal en maak draai op Ceres

May 6, 2016

TWEE Khomani San boesmans van die Kalahari, het verlede week ‘n bietjie verdwaal op pad na George, en toe ‘n rukkie op Ceres vertoef.
David Rooi (76) en oupa Abraham Kruiper (94) en hul familielede het Donderdag met hulle Toyota Corolla op Ceres beland nadat hulle met die Calviniagrondpad (200 km) na Ceres gekom het.
Volgens David, wie die heelpad bestuur het, was hulle op pad om medisyne vir ‘n kankerlyer op George te neem wat nie gesond wil word nie.
Op Ceres het hulle ‘n paar uur gewag vir iemand uit Kaapstad wat hulle weer in die regte rigting kon neem. Maar terwyl hulle op Ceres naby die Engen vulstasie gewag het, het hulle baie aandag getrek met hul tradisionele klere en wou almal wat hul sien, met hulle praat of net fotos neem.
David en oupa Abraham mag miskien uit die verre Kalahari kom, maar dit beteken nie hulle kan ‘n besigheidsgeleentheid miskyk nie. Almal wat fotos wou neem, moes R20 betaal vir petrolgeld.
Na middagete is die vriendelike groep hier weg en hopelik het hulle sonder GPS en ‘n paar aanwysings, veilig in George aangekom.
(Die Khomani San woon in die Suidelike Kalahari en staan ook bekend as die Kalahari San. Die goep bstaan uit nagenoeg 50 volwassenes waarvan ‘n handjievol steeds hul tradisionele leeruitrustings dra. Die res van die groep dra Westerse klere. SASI (Suid-Afrikaanse San Instituut) help die Khomani San en ander stamme. Inligting uit: Written in Sand, www.san.org.za).

 DAVID Rooi (76) en oupa Abraham Kruiper (94), twee Khomani San boesmans van die Kalahari, het verlede Donderdag 'n bietjie verdwaal op pad na George, en toe 'n rukkie op Ceres gekuier.


DAVID Rooi (76) en oupa Abraham Kruiper (94), twee Khomani San boesmans van die Kalahari, het verlede Donderdag ‘n bietjie verdwaal op pad na George, en toe ‘n rukkie op Ceres gekuier.