023 316 2021/3

VOLG ONS

Bejaarde se moordsaak later na Hooggeregshof

May 14, 2016

‘n BEJAARDE vrou van Wolseley wat ‘n tyd lank in 2015 vermis was en wie se liggaam later in Bainskloofbergpas gekry is, se moordsaak sal in Kaapstad Hooggeregshof aangehoor word.
Drie mans van Wolseley, Abraham Hanekom (23), Adriaan Philander (27) en Cushon Domingo (31) het verlede Woensdag weer in die Ceres landdroshof verskyn op aanklagte van roof met verswarende omstandighede asook moord. Die saak is tot 15 Junie uitgestel in afwagting van ‘n hooggeregshofdatum.
Agtergrond
Brooks is Vrydag 18 September 2015 laas gesien waar sy uit die Waverley hotel op Wolseley gestap het. Sy het in die hotel gebly. Volgens die polisie was me. Brooks na bewering ‘n entevreeslyer en kon sy nie vir lang tye in toe plekke wees nie.
‘n Polisiewoordvoerder het later gesê dat die Wolseley polisie Maandag 21 September in kennis gestel is van ‘n VW Golf met vervalste nommerplate waarop die Parow SAPD beslag gelê het. Drie mans is inhegtenis geneem, die laaste een op Woensdag 23 September 2015.
Met nadere ondersoek is gevind dat die VW Golf met vervalste CY nommerplaat in werklikheid aan Edna Dorothy Brooks behoort. ‘n Polisielid is na die adres van me. Brooks gestuur om vas te stel of sy weet dat haar voertuig weg is. Sy was nie by die hotel nie.