023 316 2021/3

VOLG ONS

Verkragters borg geweier

May 14, 2016

VIER mans van Ceres wat verdink word van verkragting, se borgaansoek is Maandag in die Ceres landdroshof afgekeur.
Die vier mans wat in Warm Bokkeveld korrektiewe dienste aangehou word, word aangekla van die wrede verkragting van ‘n 19-jarige meisie.
Die voorval het tussen 9 en 10 April plaasgevind op die hoek van Lyell- en Bergsigsigstraat.
Die meisie was die betrokke Saterdagaand ‘n paar tree daarvandaan by ‘n nagklub en het omstreeks 23:30 die klub verlaat. Sy is deur vier mans ingewag en by ‘n stegie tussen ‘n gebou en vervalle ou huis, ingesleep en verkrag. ‘n Ambulans het haar later die aand na ‘n hospitaal geneem waar sy behandel is.
Die vier verdagtes, Gran-janvee (Tubbie) Vergotine (27), Roland Geduld (29), Monro Louw (35) en Damian Abrahams (28), het op Dinsdag 3 Mei ‘n borgaansoek gebring. Die aansoek kon nie afgehandel word nie en is Maandag 9 Mei voortgesit.
Hulle bly in aanhouding tot 15 Junie.