023 316 2021/3

VOLG ONS

Geskorste polisielid weer in hof

May 29, 2016

‘n CERES polisielid wat vroeër vanjaar summier sonder betaling geskors is hangende ‘n verkragtingsklag en die gepaardgaande ondersoek teen hom, het verlede Woensdag weer in die Ceres streekhof verskyn.
Jaun-Pierre Fritz (31), was ten tye van die verkragtingsvoorval op 17 Desember 2015, vir ongeveer ‘n jaar ‘n lid van Ceres SAPD. Hy was voorheen verbonde aan die Maitland blitspatrollie.
Fritz het die eerste keer op 28 Desember 2015 in die Ceres landdroshof verskyn weens verkragting. Die voorval het tussen 03:00 en 05:00 plaasgevind.
Fritz het ook op 17 Maart en 18 Mei in die hof verskyn waarna die saak na 12 Julie uitgestel is. Die saak word in die Ceres streekhof aangehoor. Fritz is tans uit op R1000 borg.
‘n Dissiplinêre ondersoek is skynbaar deur die SAPD afgehandel maar die uitslag kon nie bevestig word nie.

 

Jaun-Pierre Fritz (32).

Jaun-Pierre Fritz (32).