023 316 2021/3

VOLG ONS

Sielkundige het nog nie met moordenaar gepraat nie

May 29, 2016

VONNISOPLEGGING in die rondgaande hooggeregshof op Ceres moes verlede Donderdag wéér uitgestel word omdat die sielkundigeverslag oor ‘n moordenaar wat gevonnis moet word, nog steeds uitstaande is.
Die verslag, wat al maande gelede klaar moes wees, is nog nie gedoen nie aangesien daar nog aansoek gedoen moet word by die regshulpraad om vir die sielkundige te betaal. Indien ‘n ander sielkundige gebruik word, moet daar vasgestel word wie daarvoor gaan betaal.
Die staatsaanklaer, me. Mabilietse, het weer beswaar teen verdere uitstel aangeteken en gesê as die beskuldigde, Christo Oncke (29), kon getuig het, dat hy ook geskik is om gevonnis te word. Sy het ook gesê staat is gereed om voort te gaan met vonnisoplegging.
Adv. Badenhorst het die uitstel versoek omrede sy kliënt (Oncke) moontlike lewenslange gevangenisstraf in die gesig staar en dat hy ‘n sielkundige wil sien.
Regter Desai het weer beklemtoon dat die sielkundigeverslag in ag geneem moet word vir vonnisdoeleindes. Hy het gesê die sisteem moet vir die uitstel geblameer word en dat dit in die belang van geregtigheid, belangrik is om die sielkundige se evaluering in ag te neem. Hy het ook almal in hofsaal omverskoning gevra vir die uitstel, die vermorsing van staatsgeld en dat die hof ‘n verantwoordelikheid het teenoor die gemeenskap wat geregtigheid wil sien. Die staat moet o.a. elke keer David Olyn se ma van Williston laat kom en huisves.
Na minder as ‘n halfuur, is die saak tot 11 en 12 Oktober uitgestel.
Oncke bly steeds in aanhouding by Warm Bokkeveld KD sentrum.
Agtergrond
Oncke is Januarie 2016 in die rondgaande hooggeregshof op Ceres skuldig bevind aan die moord van ‘n homoseksuele inwoner van Bella Vista. Regter Siraj Desai en twee assesore het Christo Oncke, skuldig bevind aan dié wrede moord van David Olyn (23) wat op 22 Maart 2014 omstreeks 19:00 by die Deelvilledam by Bella Vista plaasgevind het.
Die uitspraak is voor ‘n volgepakte hofsaal gelewer.
Oncke, wat net graad een skoolgegaan het en nie sy naam kan skryf nie, was ‘n baie swak getuie en daar was baie teenstrydighede in sy pleitverduideliking en dat dit vaag en omsamehangend was.
Olyn is aangerand, op sy maag laat lê waarna sy voete met ‘n kragdraad vasgemaak en om sy nek gedraai is. ‘n Forensiese patoloog het getuig dat daar nie bepaal kan word hoeveel kere Olyn met ‘n stomp voorwerp geslaan is nie en dat hy nog gelewe het toe hy aan die brand gesteek is.

 

 VONNISOPLEGGING in die rondgaande hooggeregshof op Ceres moes verlede Donderdag weer uitgestel word omdat die sielkundigeverslag oor 'n moordenaar wat gevonnis moet word, nog uistaande is. Hier neem een van die persfotograwe 'n foto van Christo Oncke tydens verlede Donderdag se hofverskyning. Die hofsaal was weer volgepak met gemeenskapslede.


VONNISOPLEGGING in die rondgaande hooggeregshof op Ceres moes verlede Donderdag weer uitgestel word omdat die sielkundigeverslag oor ‘n moordenaar wat gevonnis moet word, nog uistaande is. Hier neem een van die persfotograwe ‘n foto van Christo Oncke tydens verlede Donderdag se hofverskyning. Die hofsaal was weer volgepak met gemeenskapslede.