023 316 2021/3

VOLG ONS

Vier verdagtes in Hooggeregshof

June 5, 2016

VIER mans wat ‘n P.A.Hamlet inwoner in 2014 vermoor het, se hofsaak het Maandag in die Ceres rondgaande hooggeregshof begin.
Die mans het Riaan Maart (27) in September 2014 vermoor en daarna sy liggaam by ‘n brug afgegooi. Goeie polisiewerk deur lede van die P.A. Hamlet polisiediens, het daartoe gelei dat die vier mans in hegtenis geneem is weens die moord.
Die vier mans, drie van die Kaap en een van P.A. Hamlet, het die betrokke dag by ‘n brug in Fase 4, gesit en drink. Daar word beweer dat Maart die mans vroeĆ«r met ‘n vuurwapen sou beroof het. Later die aand het Maart alleen gestap waarna die vier mans hom genooi het om saam met hulle te kuier. Hy is gedurende die aand erg aangerand en verwurg voordat die mans die bebloede liggaam by die brug afgegooi het.
Maart se liggaam is die volgende oggend deur plaaslike inwoners gevind.
Die vier pleit onskuldig.