023 316 2021/3

VOLG ONS

Polisie ondersoek ontvoering

June 12, 2016

DIE Ceres polisie se ondersoek na ‘n voorval waartydens ‘n jong meisie na bewering opgelaai en ontvoer is op die dorp, word nog ondersoek.
Die voorval is Donderdag 2 Junie deur die polisie bevestig nadat gerugte vroeër die rondte begin doen het oor ‘n beweerde ontvoering en later op sosiale media soos ‘n veldbrand verder versprei het.
‘n 16-Jarige leerder van Ceres Sekondêr is Dinsdag 31 Mei omstreeks 16:00 deur twee mans oorkant die Spar winkelsentrum in Owenstraat, opgelaai terwyl sy op pad huistoe was. Sy is die volgende oggend naby die Charlie Hofmeyr seunskoshuis in Bergsigstraat afgelaai.
Volgens die polisie is sy nie beseer nie maar was sy baie deurmekaar aangesien die mans haar vermoedelik een of ander verdowingsmiddel ingegee het. Sy is na die hospitaal geneem vir ‘n roetine medieseondersoek. Die polisie se forensiese-afdeling sal oor ‘n maand moontlik die uitslag van toetse kan bevestig.
Inligting
Die polisie soek na twee verdagtes wat in ‘n wit minibus gery het. Indien iemand iets gesien het, kan hulle vir sers. AJ van Rooy skakel by (023) 316-8500 of 082-522-1037.
Wees versigtig
Die gemeenskap word gevra om versigtig te wees maar kalm te bly en nie lukraak dinge op sosiale media te plaas wat hulle gehoor het nie. Bevestig eers of dit wel so is.
Hierdie is ‘n gëisoleerde voorval en word deur die Ceres GKS-eenheid ondersoek. Kinders word versoek om nie by vreemde mense in voertuie te klim nie en eerder in groepe te loop. Skole is veilig en gereelde patrollies word gedurende die dag gedoen.

 

 

ontvoering2

 DIE Ceres polisie se ondersoek na 'n voorval waartydens 'n jong meisie na bewering opgelaai en ontvoer is op die dorp, word nog ondersoek. Die polisie het dié twee gesigsamestellings vrygestel.


DIE Ceres polisie se ondersoek na ‘n voorval waartydens ‘n jong meisie na bewering opgelaai en ontvoer is op die dorp, word nog ondersoek. Die polisie het dié twee gesigsamestellings vrygestel.