023 316 2021/3

VOLG ONS

Omstrede skoolhoof weer in die sop

June 20, 2016

‘n OMSTREDE skoolhoof van Wolseley, is weer in die nuus.
Die skoolhoof het na bewering ‘n 8-jarige meisie met ‘n rottang geslaan. Haar ma het ‘n aanrandingsaak by die polisie aanhangig gemaak maar dit later weer gaan terugtrek. Bewerings word ook gemaak dat hy nog kinders sou geslaan het.
In ‘n ander voorval is ‘n dronkbestuursaak teen die hoof in Januarie 2016 voorlopig van die hofrol verwyder in afwagting van die uitslag van sy bloedmonsters.
Die saak sal eersdaags weer op die hofrol geplaas word. Die bloeduitslae is blykbaar nou beskikbaar.
Die hoof wie se naam nie mag genoem word nie, is Sondagoggend 1 November 2015 omstreeks 00:40 deur SAPD-lede van die pad getrek.
Die 49-jarige skoolhoof is ook in November 2014 vir handel in drank gevang en gearresteer vir die verkoop van drank sonder ‘n lisensie. Die voorval het in Medanistraat plaasgevind tydens ‘n klandestiene misdaadoperasie van die polisie. Hy het later ‘n skulderkenningboete van R1500 betaal.