023 316 2021/3

VOLG ONS

Meisie (16) dalk nooit ontvoer nie

July 3, 2016

DIE SAPD se ondersoekspan wat die ontvoering van ‘n 16-jarige meisie op Ceres ondersoek het, wou die week geen woord oor die vordering van die ondersoek rep nie en ook nie sekere bewerings hieroor, bevestig nie.
Die polisie het verlede week gesê nuwe inligting is ontvang en dat die polisiedossier na ‘n aanklaer gestuur is vir ‘n beslissing. Betroubaar word verneem die dossier is terug en dat nog inligting verlang word voordat die aanklaer ‘n finale beslissing gaan maak.
Gerugte wat die rondte doen is dat die ontvoering glad nie plaasgevind het nie. Die polisie wou egter niks hieroor sê nie.
Rep en roer
Daar is vroeër berig dat ‘n 16-jarige leerder van Ceres Sekondêr op Dinsdag 31 Mei omstreeks 16:00 deur twee mans oorkant die Spar winkelsentrum in Owenstraat, opgelaai is terwyl sy op pad huistoe was. Sy is na bewering die volgende oggend naby die Charlie Hofmeyr seunskoshuis afgelaai.
Die meisie is nie beseer nie nadat twee mans haar vermoedelik een of ander verdowingsmiddel ingegee het. Sy is na die Ceres hospitaal geneem vir ‘n roetine medieseondersoek.