023 316 2021/3

VOLG ONS

OVK maak kandidate se name bekend

July 10, 2016

DIE langverwagte 2016 munisipale verkiesingkandidaatlys, is Donderdag 30 Junie deur die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) bekendgemaak.
Die lys met name is Vrydag 1 Julie deur die munisipaliteit saam met die OVK gesertifiseer. Twaalf partye en ‘n paar onafhanklike kandidate gaan aan die verkiesing in die Witzenbergstreek deelneem. Die partye is: ACDP, ANC, COPE, DA, DAWI, EFF, ICOSA, Land Claims Fighters (LCF), Patriotic Alliance (PA), People’s Democratic Movement (PDM), VF+ en Witzenberg Aksie (WA).
Die DCP van Jacques Klazen en wyle John Veschini se VIP, gaan nie in Augustus deelneem nie. So ook nie die NPP.
Op die huidige lys is daar ‘n paar verassings asook heelwat huidige raadslede wat nie op die wyk- of PR-lys verskyn nie. Hier is dit veral die ANC wat die snoeiskêr behoorlik ingelê het.
Onder die huidige ANC raadslede is dit net Johnerey Mouton, Richard Simpson en Joyce Phungula wat aan die 2016 verkiesing gaan deelneem. Die res is nuwe kandidate. Daar is ook oudstryders wat die tot die stryd toetree soos John Schuurman (oudburgemeester). Onder die verassings wat nie die ANC se lys gehaal het nie is Marina du Toit en Isaac Saula. Betroubaar word verneem dat plaaslike ANC-ondersteuners nie gelukkig is met dié kandidaatlys nie.
Die DA het vanjaar ook heelwat nuwe gesigte en is ‘n goeie samestelling van die streek se demografie. Een verassing is Wouda Hanekom wat nie weer beskikbaar is nie.
Barnito Klaasen is die DA se burgemeesterskandidaat en Mark Mentor is DAWI se kandidaat. Ander partye het nog nie bekend gemaak wie hul burgemeesterskandidate is nie.
Daar is vyf munisipale personeellede op die kandidaatlys en moet na die sertifisering verlof neem tot met die munisipale verkiesing.
Oudraadslede wat weer tot die stryd toetree is Katriena Robyn (oudburgemeester) wat die EFF verteenwoordig en Errol Fester (oudraadslid) wat as onafhanklike kandidaat wil deelneem. Daar moet eers uitsluitsel gekry word oor hy nie binne munisipalegrense bly nie. Ander oudraadslede sluit in Pieter Herandien, Piet Waterboer en André Andreas (gewese Tulbagh burgemeester), wat onder ICOSA se vaandel gaan deelneem.
Wyk 1 – Nduli
Wyk 2 – Wolseley en Breërivier
Wyk 3 – Ceres dorp
Wyk 4 – Hamlet en Bella Vista
Wyk 5 – Ceres en Warm Bokkeveld
Wyk 6 – Bella Vista
Wyk 7 – Wolseley en Tulbagh
Wyk 8 – Op-die-Berg
Wyk 9 – Op-die-Berg landelik
Wyk 10 – Agter-Witzenberg en P.A. Hamlet
Wyk 11 – Tulbagh
Wyk 12 – Ceres Karoo en Bo-Swaarmoed

Wykskandidate in onderskeie wyke

ACDP
1. Martha Swarts, 2. Niklaas Ambraal, 3. Rudolf Nel, 4. Freddie Krotz, 5. Phillipus Jacobs, 6. Maria Andres, 7. Matheus Andrias, 8. Damon Cupido, 9. Damon Cupido, 10. Susanna van Wyk, 11. Roseline Andrias en 12. Gert Prins.
ANC
1. Nonzame Phatsoane, 2. Khalif Nasaad, 3. David Koopman, 5. Johanna Slinger, 6. Maria Geldenhuys, 7. Stanley Ndabeni, 8. Hanlie Visagie, 9. Samiel Hugo, 10. Themba Mgoboza, 11. Lizzy Jooste en 12. Mavis Mdala.
COPE
1. Edwina de Bruyn, 2. Jacobus Fourie, 3. Lianne Nakopan, 4. Koos Bantam, 5. Piet de Bruyn, 6. Marietha Muller, 7. Poppie Nombayeka, 8. Johannes Mars, 9. Theo Godden, 10. Francina Louw, 11. Theo Godden en 12. Priscilla Masiko.
DA
1. Nomakhaya Jam-Jam, 2.Cornelius Lottering, 3. Dirk Swart, 4. Ronald Visagie, 5. Hennie Smit, 6. Karriem Adams, 7. Patric Daniëls, 8. Jan Abrahams, 9. Andries Pieterse, 10. Sophia de Bruin, 11. Elizabeth Sidego en 12. Zukiswa Serunjogi.
DAWI
1. Donald Lethunya, 2. Henry August, 3. Marinda Mankapan, 4. Gerald Lee, 5. Jaqueline Manus, 6. Mark Mentor, 7. Valencia Daniëls, 8. Edward Jonkers, 9. Mauritius Gouws, 10. Getruida de Vlam, 11. Gwendeline Luikies en 12. Andiswa Gaga.
EFF
1. Sikhumbuzo Sikondlo, 2. Bangani Hoko, 3. Nolan Smith, 4. Katriena Robyn, 5. Jefferey Lottering, 6. Dewald Segels, 7. Mpateli Vangani, 8. Koos Gelant, 9. Agnes Mkize, 10. Nozabalise Methusi, 11. Nceba Nyosana en 12. Doris Magwa.
ICOSA
2. Joubert Moses, 3. Edvin Segels, 4. Josef Baron, 5. Catharina Geldenhuys, 6. Ebraim Ismael, 7. Sophia Thomas, 8. Dawid van Wyk, 9. Jack Tromp, 10. Piet Waterboer, 11. Piet Klinck en 12. Adam Sagarias.
LFF
2. Andries Vass, 3. Daphne Muller, 4. Reginald Visagie, 5. Jacob Volmoer, 6. Timothy Gordon, 7. Francis Meruti, 8. Isak Isaks, 9. Jacob Visagie, 10. Samuel Baron, 11. Johan Jacobs en 12. Gawie Jakops.
PA
1. Pieter-John Swarts, Willem Polka, 3. Abraham Christians, 4. Moses Davids, 5. Jacobus Barends, 6. Pieter-John Swarts, 7. Cornelius Elbrink, 8. Julande Kahlmeyer, 9. Susanna Schippers, 10. Jacob Jiemies en 11. Cecelia Malies.
PDM
1-12 Wilhelmina Persent.
VF+
1. Thomas Kleinveld, 2. Firgi Fredericks, Petrus Swart, 4. Pieter van Zyl, 5. Maria Coetzee, 6. Thomas Kleinveld, 7. Louis Havenga, 8. Hawke Viljoen, 9. Pieter van Zyl, 10. Nicolaas Matthys, 11. Arendine du Plessis en 12. Ruth Mackriel.
WA
1. Thabang Futshane, 2. Roy Jantjies, 3. Willem Matthyse, 4. Gert Laban, 5. Steano Beukes, 6. Venesia Nolan, 7. Kain Hudson, 8. Elizabeth Schippers, 9. Stephanus Joseph, 10. Engela Muller, 11. Albertus Kamfer en 12. Kammies Hamman.

Top 5 op Proporsionele lys
ACDP – Jonathan Nel, Freddie Krotz, Maria Andrews, Rudolf Nel en Roseline Andrias
ANC – Richard Simpson, Joyce Phungula, John Schuurman, Jo-Ann Adams en Christo Appolis
COPE – Theo Godden
DA – Barnito Klaasen, Trevord Abrahams, Zukiswa Serunjogi, Deleen Kinnear en Sophie de Bruin
DAWI – Mark Mentor, Marinda Mankapan, Donald Lethunje, Gerald Lee en Getruida de Vlam
EFF – Douglas Jacobs, Lulama Ngwane, Bongiwe Lekhesa, Richard Sikondlo en Katriena Robyn
ICOSA – Pieter Heradien, André Andreas, Elaine van Hansen, Piet Waterboer en Dawid Fredericks
LCF – Neville Daniëls, Jonathan Coetzee en Sameul Baron
PA – Pieter-John Swarts, Cecelia Malies, Jacobus Barends, Julande Kahlmeyer en Abraham Christians
PDM – Wilhelmina Persent
VF+ – Louis Havenga
WA – Gert Laban, Mario Scholtz, Gerrit Slingers, Kammies Hamman en Lea Salmon