023 316 2021/3

VOLG ONS

Verkragter kry vier keer lewenslange straf

July 10, 2016

‘n GEWESE smokkelaar en oudtaxibestuurder van Bella Vista, is verlede Dinsdag vier keer lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van twee jong kinders in 2012.
Streeklanddros Patrick Ross het op 28 Junie in die Paarl streekhof, vir Abraham Louw (33) vier keer lewenslange plus ‘n verdere 18 jaar gevangenisstraf opgelê.
Hy het in 2012, bure wat naby hom gewoon het, se twee kinders verkrag asook seksueel aangerand. Die een meisie was 12 jaar oud terwyl die tweede slagoffer verkrag was tussen die ouderdom 7 en 14 jaar. Die voorvalle het by sy huis plaasgevind.
Louw is skuldig bevind op vier klagtes van verkragting asook ses klagtes van seksuele aanranding.
Veronica van Wyk was die aanklaer in die saak. Sers. AJ van Rooy van Ceres GKS was na afloop van die vonnisoplegging tevrede met die straf en is geloof vir sy goeie ondersoekwerk en afhandeling van die saak.