023 316 2021/3

VOLG ONS

Man onskuldig na hy oor kind ry

July 17, 2016

‘n JONGMAN wat sonder ‘n geldige lisensie bestuur het en oor ‘n kind gery het in Bella Vista, is verlede week onskuldig bevind en ontslaan.
Die 19-jarige Abr√© Boer het die afgelope twee jaar in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van roekelose en/of nalatige bestuur nadat hy ‘n 3-jarige kind in 2013 omgery het.
Boer het die betrokke Donderdagaand 21 Februarie 2013 sy pa se bloukleurige Toyota Corolla motor onwettig bestuur en die 3-jarige Romano Hanse naby Bella Vista gemeenskapsaal omgery. Die ongeluk het omstreeks 18:45 plaasgevind.
In ‘n getuieverklaring word dit gemeld dat Boer wel vinnig gery het, die motor se toere opgejaag en nie uitgeswaai het nie. Daar was ook remmerke van byna 10 meter lank. Drie jong meisies; Rachel Boer, Adri Makule en Charlize van Rooy, was ten tye van die voorval saam met hom in die motor. Twee van die meisies het in die hofsaak getuig.
Boer het op die toneel aan die polisie erken dat hy nie ‘n bestuurderslisensie het nie en is later by die polisiestasie met R500 beboet. Hy was 16 jaar oud ten tye van die ongeluk.
Die verdediging het ‘n artikel 174 aansoek vir ontslag gebring maar dit is nie toegestaan nie. Boer is op Donderdag 7 Julie onskuldig bevind.
Beserings
Romano is na die voorval in ‘n erg beseerde toestand na die Ceres provinsiale hospitaal geneem voordat hy later na die Rooikruis kinderhospitaal oorgeplaas is.
‘n Stellenboschse regsfirma is tans besig om Romano se pa, Isak Hanse, by te staan en moontlik te help om ‘n siviele eis in te stel om hul mediese uitgawes van meer as R200000, terug te eis.

 

3julp3.pmd