023 316 2021/3

VOLG ONS

Sleepwa haak los en tref bakkie

July 24, 2016

‘n BOER van Wolseley is sedert verlede week in ‘n kritieke toestand nadat hy in ‘n fratsongeluk beseer is.
Johan (Worsie) Everson is verlede Woensdag 13 Julie ernstig beseer nadat ‘n sleepwa met vee op, sy Isuzu bakkie reg van voor getref het. Die fratsongeluk het omstreeks 16:00 op die Nekkiespad tussen Worcester en Rawsonville plaasgevind.
Volgens ‘n vriend van Johan Everson, Jaco le Roux van Slanghoek, was hulle by die plaas Pokkraal. Hy het sy bakkie daar gelos en saam met Johan in die rigting van Worcester na De Wet gery toe die ongeluk in ‘n oogwink gebeur het. Hulle was skaars op die Nekkies teerpad toe ‘n aankomende Tata bakkie met ‘n gehuurde sleepwa met klein kalwers op, vanvoor gekom het. Die sleepwa het begin rondwaai waarna dit die bestuurderskant van die bakkie getref het. Van die kalwers is op die toneel dood.
Le Roux het ‘n paar ribbes gebreek maar Everson was minder gelukkig. Hy het ernstig been- en kniebeserings opgedoen en het ook ses ribbes gebreek en sy longe is beseer. Nooddienste personeel het meer as ‘n uur op die ongelukstoneel gesukkel om hom uit die wrak te bevry voordat hy na die Worcester Mediclinic geneem is.
Toestand ernstig
Mnr. Everson is tans aan ‘n ventilator gekoppel en in ‘n ge-induseerde koma geplaas. Dokters monitor sy toestand.
Die Rawsonville polisie ondersoek ‘n saak van roekeloos en/of nalatige bestuur teen die bestuurder van die Tata bakkie.

'n BOER van Wolseley, Johan (Worsie) Everson, is in 'n kritieke toestand in Worcester Mediclinic nadat hy in 'n fratsongeluk buite Rawsonville beseer is.

‘n BOER van Wolseley, Johan (Worsie) Everson, is in ‘n kritieke toestand in Worcester Mediclinic nadat hy in ‘n fratsongeluk buite Rawsonville beseer is.