023 316 2021/3

VOLG ONS

Wie Is Ons

DIE Witzenberg Herald vier vanjaar 20ste bestaansjaar

Die koerant is in 1997 begin. Na twee dekades het die Witzenberg Herald homself as een van die top dorpskoerante in Suid-Afrika gevestig. Die afgelope paar jaar is Witzenberg Herald een van die top 10 klein dorpskoerante in Suid-Afrika asook die wenner van die beste voorblaaie in 2005, 2009 en 2011.

Witzenberg Herald is in 1997 deur wyle Piet Snyman saam met Francois en Erika Snyman begin. Oor die jare het die koerant gegroei en is nou onlosmaaklik deel van die Witzenberg gemeenskap. Ceres maak die grootste deel van die verspreidingarea uit met koerante wat ook op Tulbagh, Wolseley, P.A. Hamlet, Op-die-Berg en omliggende plase versprei word.

Die koerant beskik tans oor drie voltydse personeel en drie deeltydse personeellede en is langs die poskantoor op Ceres geleë met ruim parkeerplek op die plein voor die kantoor. Redaksioneel en uitleg word behartig deur Francois, Erika is verantwoordelik vir die opstel en verkoop van advertensies en administrasie, Rina Neethling is verantwoordelik vir ontvangs en geklassifiseerde advertensies. Frans Joubert en Daniël de Bruyn is verantwoordelik vir die koerant se aflewering aan kafees en afsetpunte. Suzette du Plessis is verantwoordelik vir rekeninge.

francoiserikarinadaniel